image description
# 778687
USD 30.00 (Book in Stock, will be dispatched ASAP)
- +

Monument vir die kwagga : Afrika se beroemdste uitgestorwe dier

Author :  Reinier Spreen (Translator) Wium Van Zyl

Product Details

Country
South Africa
Publisher
Fusilli Publishers and Africana Uitgewers, Pinelands, Cape Town, South Africa
ISBN 9781990931062
Format PaperBack
Language Afrikaans
Year of Publication 2020
Bib. Info 164p.
Product Weight 230 gms.
Shipping Charges(USD)

Product Description

Die Suid-Afrikaanse kwagga (Equus quagga quagga) het op 12 Augustus 1883 uitgesterf sonder dat iemand besef het wat plaasvind. Die laaste eksemplaar was ’n merrie in die Amsterdamse dieretuin, Artis. In die vrye natuur het dit reeds omstreeks 1873 in die Vrystaat gebeur. In die Karoo, waar dit voorheen so volop was, is die laastes waarskynlik in 1858 by Aberdeen geskiet. Die Amsterdammer Reinier Spreen het gefassineer geraak deur die Khoi-woord quagga. Dit het gelei tot sy goed nagevorste boek Monument voor de Quagga. Jan van Riebeeck en sy manne het geleidelik die spoor gevat van hierdie sebrasubspesie. Die VOC-beampte Pieter van Meerhoff het probeer om een te bespring, maar is gestuit deur die dier se legendariese skopvermoe. Latere pogings om hulle mak te maak en aan te wend as trek- en rydiere, het min sukses opgelewer. Natuurondersoekers het kwaai gedebatteer oor die spesie-eienskappe. Vir die Boere het kwaggas die beste velskoenleer gelewer, terwyl die mooi velle ’n gesogte uitvoerproduk was. Britse ‘great white hunters’ en ‘sportsmen’ het hulle ook op groot skaal geskiet. Die verhaal van die kwagga is egter ook een van verbasende nadoodse vergelding, iets waaroor die skrywer aangrypend vertel. Dit is ’n boek wat elke natuurliefhebber sal boei.

Product added to Cart
Copied